Randfontein Dierehospitaal
[ratemypost]
Welkom by Randfontein Dierehospitaal, 'n dierekliniek in Randfontein, Gauteng.
By Randfontein Dierehospitaal gee ons graag algemene raad en inligting oor u troeteldiere.
As jy 'n vraag het sal ons graag help.
Ons doen 'n wye reeks prosedures:Laboratoriumtoetse, Inentings en konsultasies word gedoen op Krombekvoëls (bv. Papegaaie), Eksotiese diere, Honde, Katte, Beeste , Skape, Bokke, Hoenders & Wilde diere.
Ons doen ook die pyl van wilde diere.
Ons gaan ook uit na grootdiere op plase.
Ons help ook met die bestuur en behandeling van kuddes.
Operasies word op 'n daaglikse basis gedoen - Sterilisasies, Kastrasies, Tande skoonmaak, Ore skoonmaak, Gips, Beenpenne en ander ortopediese operasies, Entropion en Keisersneë.
Ons doen ook sonars en digitale x-straalfoto's.
Ons beskik ook oor 'n Veeartswinkel wat dierekos, speelgoed en versorgingsmiddels aanhou.


