Bergbos Dierekliniek / Animal Clinic
[ratemypost]
By Bergbos Dierekliniek poog ons om u van gehalte pasiëntsorg te voorsien. Kontak ons gerus by 014 533 1959 om 'n afspraak te reël. In 'n noodgeval, skakel asb. 083 653 1081 om met die veearts aan diens te praat. Bergbos Dierekliniek se deure is geopen op 4 Oktober 2012. Die kliniek het begin as 'n takkliniek van Protea Dierekliniek en is geleë in Bergboslaan 1, Rustenburg in die Noordwesprovinsie. Die kliniek is geopen aangesien Rustenburg uit sy nate gebars het die voorafgaande paar jaar en die infrastruktuur by Protea Dierekliniek nie meer kon byhou met die verhoogde aantal pasiënte nie. Die kliniek is gunstig geleë en is maklik bereikbaar vanaf die N4 (Helen Josephafrit) asook vanaf die Waterfall Mall (via Cuckoolaan of Helen Josephrylaan oor die berg). Vanaf Desember 2015 word alle kliniese werk slegs by Bergbos Dierekliniek aangesien Protea Dierekliniek moes sluit.
Ons wil probeer om alle konsultasies by Bergbos Dierekliniek per afspraak te hanteer, maar uit die aard van die saak is u welkom om met noodgevalle daar aan te klop. Dit is egter steeds raadsaam om eers te skakel voordat u soontoe ry. Drr Grobler, Sparks, Booyse en Hartwigsen is aan diens by Bergbos Dierekliniek, maar as u iemand spesifiek wil sien, moet u net eers skakel om uit te vind of dié persoon beskikbaar is.
Die veeartse by ons kliniek streef daarna om u en u troeteldier asook boere met vee na die beste van hul vermoë te bedien met kundigheid. Indien ons u nie kan help nie, is daar verskeie spesialishospitale waarheen ons u kan verwys vir pasiëntsorg van die hoogste gehalte.


