Vredenburg Dierehospitaal
[ratemypost]
Vredenburg Dierehsopitaal bestaan uit een praktyk in drie verskillende liggings of dorpe. Ons hoof dierehospitaal is in Vredenburg geleë, maar ons het ook twee sateliet klinieke in Saldanha en Hopefield. Ons konsultasie en kantoor ure en die verskillende liggings van elk van ons klinieke is onderaan die web blad beskikbaar.
Vredenburg Dierehospitaal praktiseer al vanaf Maart 1969 in die Weskus. Die praktyk is destyds deur Dr Sakkie van der Westhuizen begin vanuit 'n buitekamer by sy huis. Vandag is Dr Sakkie afgetree en bly in Langebaan. Dr Rust het by die praktyk aangesluit in 1983. Die praktyk het na die huidige perseel in Deurweg geskuif in 1985.
Vredenburg Dierehospitaal is 'n gemengde diere praktyk. Ons is die oudste praktyk in die area, en ons is gewortel in die Weskus. Ons het onsself verbind daartoe om beide die dorps en plaas gemeenskappe van die Weskus te bedien.


